icon-newsletter

Goeie raad 

 

Ons het hierdie navraag ontvang: “My vriendin praat alweer daarvan om haar man te verlaat. Sy het my raad gevra, maar ek weet nie wat om te sê nie. Wie is ek om vir haar te sê wat om te doen?”

Dit bly maar ‘n tammeletjie, want dis moeilik om te weet wat om vir iemand te sê wat seer en verward is of wat sukkel om te weet wat die regte ding is om te doen. Maar in der waarheid, het hulle nie regtig ons raad nodig nie. Ons moet hoor wat God in Sy Woord daaroor sê.

Die Woord van God is lewend en kragtig; dis medisyne vir ontstelde harte en gedagtes. Psalm 119:105 beskryf dit as “‘n lamp vir ons voet en ‘n lig vir ons pad.” 

Vanaf vers 104 lees ons: “Uit u opdragte kry ek insig; daarom haat ek elke bedrieglike pad. U woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my lewenspad. Wat ook al ons behoefte, wat ook al ons omstandighede, die Woord van God is voldoende.”

Deur in die Skrif jou antwoorde te soek, sal jy wysheid kry vir elke moeilikste situasie in die lewe. En jy sal gereed wees om ander te help wat na waarheid soek.

Seëngroete van ROHSA