Die wêreldse kultuur beloon ambisie en maak helde van super-presteerders wat bo almal in hulle veld uitstyg.
Dit is ‘n goeie kwaliteit om uitnemendheid na te streef in alles wat jy doen, maar wanneer jy gedryf word deur selfsugtige ambisie, noem die Bybel dit demonies!
Jakobus beskryf dit so in hoofstuk 3:14&15 “As julle bitter jaloers is en selfsugtige ambisie in julle harte het, moenie dan spog dat julle wysheid het nie. Dis om teen die waarheid in te lieg! Jaloesie en selfsug is nie wysheid wat van God af kom nie. Dit is eerder aards, tipies van iemand se sondige natuur. Eintlik is dit demonies, want waar jaloesie en seflsugtige ambisie is, daar sal jy ook wanorde en allerhande gemene dade kry.”
Die antwoord is om alles vanuit Liefde te doen. Die Bybel leer ons dat liefde nie afgunstig is nie. Ons werk hard, nie om onsself te laat uitstaan en te bevoordeel nie, maar omdat God ons geroep het vir ‘n spesiefieke taak. Ons doen dit na die beste van ons vermoë om God te eer, en ander so te dien.
Vra God om jou hart te deursoek. Word jy gemotiveer om te doen wat jy doen uit selfsugtige ambsisie of uit opregte liefde en ‘n diensbare hart?
Seëngroete van ROHSA