icon-newsletter

God weerstaan

 

Ek het iets nuuts besef nadat ek God se Woord hieroor bestudeer het. Ons weet dat God in opposisie is teenoor mense wat nie eens wil voorgee dat hulle Hom minag en nie godsvresend is nie. Diegene wat byvoorbeeld nie omgee om egbrekers, moordenaars of diktators te wees nie. Maar dit blyk dat God selfs meer weersin het in vals, hoogmoedige en godsdienstige mense – die wie se ware geestelike lewe bedek word met ‘n trotse en onleerbare gees.

Matteus 23:27 “Julle is regtig op die verkeerde pad. Julle is soos grafte wat bo-op netjies versorg is. Die grafsteen is mooi en die blomme op die graf is te pragtig. Maar binne-in die graf self, is daar net ’n klomp dooie bene. Wat ’n kontras! Grafte laat My aan julle dink. As ’n mens na julle kyk, lyk julle soos engeltjies. Maar as ’n mens ’n bietjie dieper kyk, lyk die prentjie anders: dan sien jy huigelaars en mense wat hulle glad nie aan God se wil steur nie.”

Ek dink trotse, skynheilige Christene het meer skade in die kerk aangerig as enige ongelowige. Deur op ander neer te sien as “minder geestelik of klein gelowig”, mis ons die hart van die evangelie en die genade van Christus.

Of jy ‘n moordenaar, egbreker of ‘n wit gepleisterde graf is, onthou steeds, die genade van God is beskikbaar vir elkeen wat hul trots neerlê en met ‘n berouvolle hart na Hom toe kom.

Seëngroete van ROHSA