Ek was besig om in die Ou Testament te lees, hoe God soms Sy volk beveel het om heidense nasies uit te roei – selfs die vrouens en kinders ook. Dit voel so wreed!
Dit is vir ons moeilik om te dink dat God Sy mense sal vra om sulke dinge te doen. Maar as ek mooi daaroor nadink, is die ding wat my nog meer verstom die feit dat God ons almal nog nie uitgroei het nie.
Elke liewe een van ons het al gesondig en verdien God se toorn. Maar keer op keer weerhou Hy genadiglik Sy woede. Hy weerhou Sy oordeel sodat mense tyd sal hê om hulle te bekeer.
Wat vir my selfs nog meer verstommend is, is dat Jesus in ons plek voor God se troon wil staan. In Handelinge 17:31 staan ”Want Hy het ‘n dag bepaal waarop Hy die wêreld in regverdigheid gaan oordeel deur ‘n Man wat Hy daarvoor aangewys het. En Hy het dit aan almal bevestig deur Hom uit die dood te laat opstaan.”
Het jy al jou absolute vertroue in Jesus Christus, ons verlosser, gestel? Is jy reg vir die oomblik wat God die wêreld finaal oordeel vir ons sonde?
Seëngroete van ROHSA