icon-newsletter

God sal jou onderhou

 

‘n Nuwe mamma voel dalk sy kan nie nog een nag verder oorleef sonder goeie slaap nie. Of iemand dink hulle kan nie ‘n dag langer in hulle huwelik uithou nie. 

God het jou dalk aan ‘n uitdagended situasie blootgestel. Is jy besig om op Hom te steun om jou te help?

God se Woord sê vir ons in 2 Kor 12:9 “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Dit beteken God sal jou nooit in enige situasie plaas waar Sy genade jou nie sal onderhou nie. Hy sal nooit meer op jou skouers laai as wat Hy genade vir jou gee om dit te hanteer nie.

Wanneer die paadjie voor jou eindeloos strek, onthou, die dag kom wanneer alle swaarkry tot ‘n einde kom. Wanneer jy voor God staan, sal ‘n leeftyd se swaarkry en trane na niks lyk in vergelyking met Sy glorie nie. Dit is dan wanneer jy sal sê “Sy wonderlike genade het my veilig huistoe gebring.”

Seëngroete van ROHSA