icon-newsletter

God plus

 

“Vir lank, wanneer ons ‘n krisis in die gesig gestaar het, het ek vir my man gesê: ‘Kom ons vertrou net op God. Hy is al wat ons nodig het.’ Maar dan het ek na my vriendinne gehardloop en hulle alles van ons huwelik en finansies vertel.

Ek moet belei, al het ek beweer dat God al is wat ek nodig het, ek eintlik gedink het, dat ek God plus my vriende nodig het.”

Dit is maklik om te sê dat God al is wat ons nodig het, maar glo ons dit regtig in die realiteit van elke dag se doen en late? Glo jy regtig dat God genoeg is? Of voel jy dat jy God nodig het plus gesondheid, plus ‘n man, plus goeie vriende, en verseker plus ‘n werk wat genoeg betaal?

Psalm 121 stel ons persepsie reg. Dit sê: “Waar kom my hulp vandaan? My hulp kom van die HERE, die Skepper van hemel en aarde.”

Wat is die grootste bekommernis wat jy tans in die gesig staar? Neem ‘n oomblik om God te vra vir Sy hulp en vertrou dan op Hom alleen.

Seëngroete van ROHSA