icon-newsletter

God kan vertrou word

 

Glo jy regtig dat God vertrou kan word?

Haar man sê vir haar vanoggend: “Jy weet, ons bid nou al maande lank hieroor, dit is vir my redelik duidelik dat ek my werk moet bedank en die geleentheid moet aangryp. Haar reaksie is: “Wel, ek weet ons gaan vir ‘n rukkie oukei wees, maar waar gaan die geld oor ‘n jaar van nou af vandaan kom? Dink jy nie jy behoort dit eers uit te sorteer nie? Ek voel ons moet ‘n klink klare plan hê.”

Soms moet ek ook myself daaraan herinner dat God my nog nooit ooit in die steek gelaat het nie, en Hy gaan ook nie nou begin nie! God kom altyd Sy beloftes na. Dit beteken dat ons die woorde van Hebreërs 13:5 kan vertrou waar die Woord sê: “God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.” Daarom kan ons met vertroue sê: “Die Here is my helper, ek ken geen vrees nie.”

Is daar enige groot stappe wat God jou roep om te neem? Lyk dit vir jou te onvoorspelbaar? Onthou dat God werklik al is wat jy nodig het. Hy is getrou, en Hy sal jou nooit in die steek laat nie.

Seëngroete van ROHSA