icon-newsletter

God is nie lief vir my nie

 

Ongelukkig is daar wel vandag mense wat vir maande lank niks van hulle volwasse kinders hoor nie. Soms glo hulle dan sommer ook dat God hulle ook nie meer liefhet nie.

Wanneer ons verwerp voel deur ander mense, is dit maklik om vir die vyand se leuens te val. Die meeste van ons sal dit nooit hardop erken nie, maar het jy al ooit aan God se liefde getwyfel? Wanneer ons na die leuen luister wat sê dat God ons nie liefhet nie, lei daardie leuen ons na ‘n geestelike tronksel toe.

Die waarheid is dat God jou ongelooflik liefhet. Luister wat sê Paulus in Romeine 5 vers 6 “ Ja, juis toe ons nog totaal hulpeloos was, het Christus vir ons, die goddeloses, kom sterf.”

As jy ooit in die versoeking kom om aan God se liefde vir jou te twyfel, is Jesus se kruisdood die perfekte prentjie van ware liefde. Nie net vir die wêreld daar buite nie, maar vir jou persoonlik!

Seëngroete van ROHSA