icon-newsletter

Gevoelens buite orde 

Hoeveel aandag gee jy aan jou gewete?

Jonathan Edwards was ‘n groot man van God in die 1700’s, wie Hy gebruik in die “Eerste Groot Ontwaking”. Maar Jonathan het geweet hoe geneig hyself daartoe was om te sondig. Hier is wat hy self gesê het:
“Wanneer my gevoelens selfs in die minste buite orde begin verskyn, sal ek myself aan die strengste toets onderwerp. Ek sal dit nie laat aangaan nie, maar ek sal die sonde identifiseer, dit aan God bely en in vryheid wandel.”

Gevoelens is ‘n toestand van jou bewussyn wat uit emosies, sentimente en begeertes voortkom. Dit beteken, wanneer iets my gewete pla of ek bewus word van ‘n onreëlmatigheid in my . . . Met ander woorde, as ek iets in my optrede sien wat nie met God se Woord ooreenstem nie.

1 Johannes 3:20 “Wanneer ons gewete ons veroordeel, God is groter as ons gewete en Hy weet alles.”

As jy na jou gewete luister, selfs wanneer iets kleins jou pla, kan dit jou help om teen iets groter soos sonde te beskerm. Neem vandag ‘n bietjie tyd en maak seker dat jy ‘n skoon gewete voor God en ander het.

 

Seëngroete van ROHSA