Waaraan dink jy as jy die woord “heiligheid” hoor?
Dink jy dis ‘n hooghartige en ietwat vreemde mens, of ‘n vervelige persoon wat streng by ‘n stel reëls hou?
As dit is wat heiligheid beteken – wie sal dit wil hê of nastreef? Heiligheid gaan oor baie meer as om net ‘n stel reëls na te kom. Dit is ook nie iets wat ons deur ons sterk wilskrag bekom nie. Ware heiligheid gaan altyd oor ‘n verhouding. Dit is ‘n liefdevolle reaksie teenoor die God wat ons liefhet en ons geskape het om naby aan Hom te leef.
In Eff 4:1 skryf die apostel Paulus: “Laat julle lewenswandel in oorstemming wees met die roeping wat julle van God ontvang het.” Of soos die Boodskap dit stel “leef so dat God trots kan wees dat Hy julle na Hom toe geroep het.”
Ons is geroep om in ‘n verhouding te wees. God se liefde motiveer ons om sonde te verwerp, en om ons diepste tevredenheid in Hom te vind.
Is daar iets wat in jou verhouding met God inmeng? Indien wel, sal jy dit belei en dit regmaak? Kom ons leef op ‘n manier wat ons liefde vir Hom reflekteer.
Seëngroete van ROHSA