Ek het nooit gedink dat ek weer met my vorige werkgewer sou moes praat nie. Ek het ‘n groot klomp geld van die maatskappy gesteel voordat ek daar weg is. Jare later het God my ernstig aangespreek en my van my sonde oortuig. Ek moes toe 10 ure ver terug ry om my vorige baas op te spoor en my sonde aan hom erken.
Wanneer God jou so direk aanspreek om jou sonde te belei, is dit gewoonlik nie ‘n aangename ervaring nie. Ons gehoorsaamheid hang nie net af van ons eie gewilligheid nie, God se genade is daar om ons te ondersteun.
Hebreërs 4:16 ”Laat ons dan met vrymoedigheid die troon van genade nader, sodat ons ontferming en genade kan ontvang om op die regte tyd gehelp te word.”
Daardie man het erken dat hy nooit sy sonde sou kon bely het, as dit nie vir God se krag was wat hom daarmee gehelp het nie.
God gee ons die genade om Hom te gehoorsaam, wanneer ons onsself eerstens verootmoedig en in alle eerlikheid voor Hom kniel.
Seëngroete van ROHSA