icon-newsletter

Genade vir bekering

 

Ek het ‘n lekker lees romantiese boek in die hande gekry. Ek het gehoor dat dit nogal eksplesiet is, want dit gaan oor ‘n buite egtelike verhouding. Die boek lees net so lekker, ek hou daarvan want ek kan ontspan. Die probleem is nou, dit laat my dink aan dinge waaraan ek eintlik nie behoort te dink nie… miskien moet ek eerder die boek neersit en ophou lees daaraan.

Wanneer God ons van iets oortuig, moet ons dadelik reageer en op tree. Bekering is ‘n daaglikse verandering van jou denke wat lei tot ‘n verandering in jou gedrag, maar gewoonlik is verandering moeilik! Daardie boek roep jou, jy wil weet wat die einde van die storie gaan wees. Jy brand dan van nuuskierigheid!

Dalk is daar in jou eie lewe iets waarvan God jou oortuig het, maar jy talm daarmee om op te hou sondig. In jou eie krag hou mens nie maklik op nie, maar jy kan altyd vir God vir hulp vra en die krag om nie toe te gee aan die versoeking nie.  1 Korintiërs 10:13 “Geen versoeking wat meer is as wat ‘n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan.”

Seëngroete van ROHSA