Sy lewe was moeilik. John Newton is gebore in 1725, sy ma is dood aan tuberkulose net voor hy sewe geword het. Hy is vir twee jaar koshuis toe gestuur en as ‘n seuntjie van net elf jaar, moes hy skepe toe. Hy is deur ander mishandel en het later self ‘n onsedelike lewe gelei; uiteindelik het hy die kaptein van ‘n slawehandelskip geword.
John Newton het geweet hoe verskriklik sonde lyk. Miskien is dit hoekom hy later na homself verwys het met woorde soos “groot sondaar” en “ellendeling”.
God het John verlos van wat hy self sy “wilde loopbaan” genoem het, maar meeste van ons ken hom nou net as die skrywer van die lofsang “Amazing Grace.” ‘n Lied wat hy geskryf het om sy persoonlike transformasie en belewenis van God se genade, te weerspieël. Ons sing die lied in afrikaans as “genade onbeskryflik groot”. 2 Korintiërs 13:13 “Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sal by julle almal wees.”
Hoe lyk jou eie lewensreis? Terwyl ons nou Paasfees en Opstandings Sondag vier, neem vandag tyd om na te dink oor God se wonderlike genade in jou lewe, en dank Hom dat Hy jou gered het!
Seëngroete van ROHSA