icon-newsletter

Geloof in die donker 

 

Daar kom tye wanneer jy jou Bybel lees en soos altyd bid, maar vir een of ander rede, kan jy nie God se teenwoordigheid ervaar nie. Dit voel asof jy net met jouself praat.  Waarom gebeur dit?

Nancy sê daar is tye wanneer God die bewuste gevoel van Sy teenwoordigheid van ons weerhou – dit is die tye wanneer God ver weg en vir ons minder werklik voel. Sy sê sy dink dit is omdat Hy wil hê ons moet dan absoluut in geloof wandel en Hom met ons hele hart en siel soek. 

“Wie is daar onder julle wat ontsag het vir die Here, wat luister na die stem van sy dienskneg? Hy wat in duisternis verkeer, wat geen lig het nie, moet op die Naam van die Here vertrou, moet op sy God steun.” Jesaja 50:10

Kan ek jou bemoedig, as jy dalk vandag voel asof jy in die donker rond dwaal. Vertrou God, maak staat op Hom, moenie ophou nie, druk deur. Hebreërs 11:6 sê “Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon.”

Seëngroete van ROHSA