‘n Vriend van my se kollega het vir hom gesê dat die boekhouer hulle laat weet het, dat hulle onderneming ‘n baie groot bedrag gespaar het omdat daar ‘n fout op hulle belasting berekeninge was. Sy kollega wou by hom weet wat hulle te doen staan.
Dit is in sulke situasies waar ons wys of ons liefde vir God eg is. Al het my vriend geweet wat die regte antwoord was, het hy vir sy kollega gesê dat hy hom eers die volgende dag ‘n antwoord sou gee.
Gehoorsaamheid is een van die belangrikste maniere hoe ons ons liefde vir God bewys. Veral in ‘n wêreld waar ons as Christene fyn dophou word, juis om te sien watter keuses ons in moeilike situasies gaan maak.
In Johannes 14:23 sê Jesus: “As iemand My liefhet, sal hy My boodskap gehoorsaam uitvoer”. Hy stel egter ook die teendeel in vers 24:” Wie My egter nie liefhet nie, is nie gehoorsaam aan my woorde nie.”
Dit is maklik om soos ‘n Christen te lyk en te klink. Maar die ware toets lê in gehoorsaamheid, dis daar waar ons bewys of ons Christus werklik liefhet. Natuurlik moes hy die boekhouer omverskoning vra dat hy nie dadelik die fout reggestel het nie, maar hulle het toe die regte ding gedoen en die uitstaande belasting betaal.
Seëngroete van ROHSA