icon-newsletter

Geestelike owerspel

 

Hoe sal jy voel as jy by die huis kom en jou maat in ‘n passievolle omhelsing met ‘n vreemde persoon sien? Jy sal natuurlik geskok, baie kwaad en verwerp voel.

Daardie prentjie sal ‘n klein stukkie wees van hoe God oor ons sonde voel. God gebruik dikwels in die Bybel die beeld van ontrouheid in die huwelik wanneer Hy vir ons wil wys hoe ernstig sonde werklik is.

Daar is ‘n voorbeeld hiervan in Jeremia 3 vanaf vers 1: “Die Here vra: As ‘n man van sy vrou skei en sy trou met ‘n ander man, mag hy haar dan weer terugvat? Sal dit nie die land besoedel nie? En dan verder vers 3 “Jy het die land besmet met jou ontrou en boosheid!……. Jy skaam jou nie eers oor wat jy gedoen het nie.”

Wanneer ons verwag om naby aan God te bly maar ons weier om van ons sonde afstand te doen, is dit soos ‘n maat wat bedrap word ontrouheid, maar maak asof dit nie groot probleem is nie. Dit sou wees asof hulle in die huwelik wil bly maar aanhou met die buite egtelike verhouding.

As jy vandag versoek word om te sondig, onthou dat jy alreeds in ‘n liefdesverhouding met ‘n hemelse Bruidegom is. Kom ons gee ons alles en bly getrou aan Hom.

Seëngroete van ROHSA