Geestelike volwassenheid gebeur nie sommer van self nie. Dalk wil jy baie graag soos Billy Graham wees, of soos ons eie oom Angus, maar dan dink jy weer in dieselfde asem dat jy nooit so geestelik soos hulle sal kan wees nie. Dit is so, sommige mense lyk baie meer geestelik volwasse as ons.
Maar terwyl ‘n mens die biografieë van baie groot Christene uit die verlede lees, besef mens hulle moes almal deur ‘n proses van groei gegaan het, net soos ek en jy. Geestelike volwassenheid gebeur nie net nie. Niemand word een oggend wakker om te ontdek dat hulle volwasse geword het nie.
Die geloofshelde het ‘n proses gevolg van onderwerping aan die Here, gehoorsaamheid aan Hom en sy Woord leer ken, net soos daar in Efesiers 4: 13 staan: “totdat ons almal kom tot eenheid in geloof en in kennis van die Seun van God, en tot ‘n volwassenheid wat in ooreenstemming is met die volgroeide gestalte van die volheid van Christus.”
Daar is niks wat jou weerhou om dieselfde te doen nie. Jy mag dalk nie ‘n openbare figuur soos Billy Graham of Angus Buchan word nie, maar jy kan ook eendag die een wees wie jou gesin en vriende onthou, as iemand met integriteit en geestelike volwassenheid.
Seëngroete vanROHSA