“Niemand sal weet nie” Hoeveel keer was jy nie al self versoek met die gedagte dat jy ‘n sonde geheim sal kan hou nie? Een van die gevolge wat die onpersoonlike internet skerms is dat mense dink dat die sonde van intieme boodskappe na vreemdelinge en pornografie, ongesiens gaan verby gaan en in die niet verdwyn.
Maar daar bestaan nie iets soos ‘n private sonde nie. Een van God se karakter-name is El-Roi, die God wat sien. Spreuke 15:3 Die Here sien oral, Hy sien wat slegte mense doen en Hy sien wat goeie mense doen.
Vat jy kanse met sogenaamde “geheime sondes”? Is jou lewe en gedagtes rein in jou private oomblikke? Ons word beskerm teen sonde deur die vrees van die Here – daardie konstante, bewuste gevoel dat God daar is en vir jou kyk.
Vra God om jou te help om “nee” te sê vir enige moontlike sonde. En gehoorsaam Hom dan, met die wete dat El Roi—Die God wat sien—ook jou integriteit en getrouheid raaksien.
Seëngroete van ROHSA