icon-newsletter

Geduld 

 

Ek is oortuig daarvan dat jy ook iemand ken wat dit baie goed regkry om jou geduld tot die uiterste te toets. Daardie mens wat jou op jou tande laat kners terwyl jy mooi jou woorde moet kies om reg te reageer!

Een Korintiërs 13 het ‘n paar instruksies vir die hantering van daardie soort mense: “Die liefde is geduldig. Liefde verdra alle dinge.”

Ons word geroep om meer te doen as om net te verduur. Ware liefde sê: “Hoe kan ek hierdie persoon help en hulle beste belange najaag?” Ware liefde is aktief, dis  aspris lankmoedig. Ons moet doelgerig baie liefde en energie investeer in die mense wat ons die meeste pla.

Dink aan hoe God ons liefgehad het. Al het ons in sonde en rebellie gelewe, het Hy mildadig sy liefde op ons uitgestort. Selfs nou in hierdie oomblik doen Hy dit steeds, Hy bly geduldig met ons. Hy het Sy Seun vir ons gestuur, al het ons Sy heiligheid geminag…

As jy Hom vra, sal Hy jou die krag gee om Sy liefde aan daardie moeilike mense in jou lewe uit te deel .

Seëngroete van ROHSA