Matteus 21:42 – 44 “Jesus sê toe vir hulle: “Julle het tog seker al in die Skrif die volgende gelees: ‘Juis daardie klip wat die bouers afgekeur het, het die hoekklip van die gebou geword. Dit is die Here wat dit gedoen het en dit is vir ons wonderlik!’ Daarom verseker Ek julle: God se koninkryk sal van julle af weggeneem word en aan ’n volk gegee word wie se lewe by koninkryk’s mense pas. Elkeen wat teen hierdie klip val, sal verpletter word en die een op wie hý val, sal vergruis word.”
Goeie genugtig, wat beteken hierdie Skrifgedeelte? Nancy sê vir haar beteken dit dat almal gebrokenheid sal ervaar. Sommige sal gebrokenheid in hierdie lewe ervaar deur nederig hul eie wil prys te gee, om sodoende Christus deur hulle te laat leef. Dit is die mense wat “op die klip val”.
Ander sal weier. God mag hulle dalk nou toelaat om vir ‘n rukkie in trots te wandel; maar uiteindelik, hetsy in hierdie lewe of die volgende, sal Hy alles en almal wat hulself teen Hom verhef, tot niet maak.
Het jy al voor Christus Jesus, die Hoeksteen, neergeval en gekies om jou wil in nederigheid aan God s’n te onderwerp? Of weerstaan jy Hom in trots, wel wetend dat jy in gevaar staan om deur Hom vergruis te word?
Seëngroete van ROHSA