icon-newsletter

Filtreer deur Sy vingers

 

Soms verstaan ons nie hoe God te werk gaan nie. Verhoudings wat skeef loop of finansiële druk maak nie vir ons sin nie.

Daar is egter ‘n wonderlike waarheid wat soms vir ons baie moeilik is om te begryp, en dit is dat God nie foute maak nie.

Ander mense kan soms lelike foute maak wat ons lewens beïnvloed. God is egter voortdurend besig om Sy ewigheidsdoel te bereik, en geen menslike foute kan dit keer nie. Wanneer ons in Christus lewe, is ons lewens in Sy hande, en niks kan aan ons raak wat nie eers deur Sy vingers van liefde gefiltreer is nie. Net soos daar in  Klaagliedere van Jeremia 3:37 geskryf is: “ Wie sê iets en dit gebeur as my Here dit nie gebied het nie? “

‘n Vriend vertel dat hy nou besef, dat toe hy sy werk verloor het dit eintlik die beste ding was wat met hom kon gebeur het. Dit was presies wat hy nodig gehad het, maar hy het dit verseker nie destyds so beleef nie.

Iemand het een keer gesê: “God se wil is presies wat ons sou kies as ons geweet het wat God weet.” Wanneer ons eendag in die ewigheid is en kan terug kyk, sal ons duidelik sien wat ons nou net in geloof vertrou: God het regtig alles goed gedoen.

Seëngroete van ROHSA