Daar is baie in die Skrif opgeteken oor die manier hoe ons praat. Soms is dit goed om so ‘n bietjie terug te staan en seker te maak dat die manier waarop ons praat inpas by dit wat ons glo.
“Nou dat julle die valsheid afgelê het, moet julle onder mekaar die waarheid praat.” (Effesiërs 4:25). Is jy altyd eerlik, of verdraai jy soms die waarheid om jou optrede beter te laat lyk?
“So dan, my geliefde broeders, elke mens moet gou wees om te hoor, stadig om te praat, stadig om toornig te word.” ( Jakobus 1:19) Is jy geneig om ’n gesprek oor te neem, of is jy ‘n goeie luisteraar?
“Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. (Effesiërs 6:18). Spandeer jy meer tyd om jou probleme met ander mense te bespreek, of neem jy jou probleme eerste na God toe?
“Praat sonder om te dink kan soos dolksteke wees; wyse mense bring genesing met wat hulle sê.” (Spreuke 12:18). Word die mense om jou deur jou woorde gewond of genees?
Hoe lyk jou self-evaluasie?
Seëngroete van ROHSA