icon-newsletter

Eva se eerste fout 

 

Toe Eva die slang hoor praat het, was dit nie noodwendig ‘n sonde nie. Maar die oomblik toe sy ‘n ander siening as God s’n oorweeg het, het dit haar op ‘n glybaan geplaas wat vinnig tot ongehoorsaamheid gelei het.

Kom jy agter dat jy soms ook die wêreld se manier van dink oorweeg en daarna luister? Dit is oorweldigend – dit kom deur die media, flieks, vriende, skool programme, winkelsentrums en katalogusse. ’n Bestendige dieet van wêreldse invloede sal ons siening vorm na wat die wêreld dink waardevol is, wat mooi is en wat belangrik is.

Ons kan onsself nie aan die wêreld se valse, bedrieglike maniere blootstel en verwag om ongedeerd daarvan weg te kom nie. Eva se eerste fout was nie om die vrug te eet nie, dit was om na die slang te luister.

Terwyl ek en jy vandag al die wêreld se stemme hoor, laat ons die woorde van Psalm 1 onthou: “Die regverdige en die goddelose. Gelukkig is die mens wat nie loop volgens die raad van goddeloses, of staan op die pad van sondaars, of sit in die vergadering van spotters nie. Hy vind egter vreugde in die gebooie van die Here en oordink sy voorskrifte dag en nag.”

Seëngroete van ROHSA