Trotse mense hunker na selfbevordering. Byvoorbeeld: By die werk is hulle gedagtegang om ‘n verslag so te bewoord, dat dit hulle op een of ander manier onderskei word van die res van hulle kollegas… terwyl nederige mense in spanverwant ander wil bevorder. Hulle sal die verslag so verwoord dat almal die krediet kry wat hulle verdien.
Trotse mense voel seergemaak wanneer ander bevorder word en hulle word oorgesien. Iemand wat trots is sal ‘n ander se bevordering bevraagteken, terwyl nederige mense opreg opgewonde is wanneer ander begunstig word.
Trotse mense is gaande oor lof maar word baie negatief wanneer hulle werk gekritiseer word.
Nederige mense weet dat enige lof vir hul persoonlike prestasies eerder aan die Here behoort. Dit is absoluut net deur God se genade dat ons enige iets kan doen..
Wat openbaar erkenning – of die gebrek daaraan – oor die toestand van jou hart? Matteus 6:1“Wees op julle hoede dat julle nie julle geregtigheid voor die mense beoefen om deur hulle gesien te word nie, anders is daar vir julle geen beloning by julle Vader in die hemele nie.”
Seengroete van ROHSA