icon-newsletter

Eric Liddell

 

Tydens die 1924 Olimpiese Spele in Parys het ‘n twintig jarige atleet “nee” vir homself en ”ja” vir God gesê. Eric Liddell het uit sy sterkste item onttrek – die 100m – omdat die uitdun rondtes op ‘n Sondag plaasgevind het. Hy het toe vir die 400m ingeskryf al het hy glad nie daarvoor voorberei nie, en boonop toe die goue medale gewen. 

Party mense ken hierdie deel van Eric se verhaal, maar besef nie hy het daarna aangehou om “nee” vir homself en “ja” vir God te sê nie. Eric het na die Olimpiese Spele as sendeling in China gewerk. In 1943 is hy in ‘n Japanese konsentrasiekamp opgeneem, waar hy voort gegaan om God te dien en met vreugde die evangelie aan die ander gevangenes gebring. 

Terwyl hy nog in die konsentrasiekamp was het Eric ‘n gewas op sy brein ontwikkel wat hom gedeeltelik verlam het. Op sy sterfbed was sy laaste woorde aan die verpleegster “Annie, dit is totale oorgawe”. Liddell se lewe is ‘n kragtige herinnering om “nee” vir ons eie ek en “ja” vir God te sê.

Matteus 16:24 “Jesus het toe vir Sy dissipels gesê: “As julle My volgelinge wil wees, moet julle julle eie ek prysgee, julle kruis op julle skouers neem, en agter My aan kom.”

Seëngroete van ROHSA