icon-newsletter

Elke dag?

 

As jy net sporadies met jou huweliksmaat kommunikeer, kan en gaan julle nie ‘n baie hegte verhouding hê nie. Sê nou julle het die hele dag nie met mekaar gepraat nie, en klim in die bed klim sonder ‘n woord. Gaan dit vir jou lekker wees as hy sê dis OK, julle het mos gister met mekaar gepraat? 

Dieselfde beginsel geld vir ons verhouding met God. Ek het besef dat dit onmoontlik is om ‘n intieme verhouding met God te kweek tensy ek elke dag, tyd alleen saam met Hom spandeer. Ek kan nie net probeer om Hom hier en daar in my skedule in te druk en dan verwag om ‘n lewensbelangrike, groeiende verhouding te hê nie.

Verbind jy jouself elke dag met God, is daar ‘n deurlopende konneksie en kommunikasie? Sal jy jou daartoe verbind om vir die volgende 30 dae elke dag tyd in God se Woord en gebed deur te bring? 

Ek verseker jou, aan die einde van die maand gaan jy die radikale verskil in jou verhouding met Hom sien.

Seëngroete van ROHSA