Om ‘n gebroke verhouding te herstel, mag dalk meer moeite verg, as die vergifnis wat jy moes deur werk .
Jy het moontlik die persoon vergewe, maar voel jy wil nooit weer iets met hulle te doen hê nie.
Wanneer iemand teenoor ons gesondig het en die verhouding skade berokken het, is vergifnis die eerste noodsaaklike stap om die verhouding te herstel. Maar daardie eerste stap om die ander persoon vry te spreek, moet opgevolg word deur toegewyd in daardie persoon se lewe inspraak te lewer. Daardie belegging sal ons help om ware genesing en heelword te ervaar.
Luister na Jesus se woorde in Lukas 6 vanaf vers 27: “Maar vir julle wat na My luister, sê Ek: Julle moet julle vyande liefhê. Doen goed aan diegene wat julle haat. Seën die mense wat julle vervloek. Bid vir diegene wat julle sleg behandel.”
Ons roeping is altyd om verhoudings te herstel, maar selfs in situasies waar dit nie moontlik is of beter is om nie weer met die betrokke persoon in verbinding te wees nie, kan ons steeds in hulle lewens belê deur hulle te seën met ons gebede- dit is Jesus se opdrag aan ons.
Seëngroete van ROHSA