icon-newsletter

Ek kon Hom nie vind nie 

 

Hooglied vertel die verhaal van ‘n koning en sy bruid. Daar is ‘n paar keer wat dit vir haar voel of sy haar bruidegom verloor het.

Hooglied 3:1 “Op my bed in die nag het ek gesoek na hom wat ek liefhet; ek het hom gesoek en hom nie gekry nie. Ek het opgestaan en in die stad rondgegaan op die strate en die pleine, ek het hom gesoek wat ek liefhet; ek het hom gesoek en hom nie gekry nie.”

Ek dink dit kan nogal ‘n prentjie wees van die seisoene wat ons met God beleef. Ons kan intieme tye geniet waar ons met Hom persoonlik ervaar deur Skrifgedeeltes en gebed, en dan skielik voel dit of dinge vaag en onpersoonlik is.

Wanneer jy in die middel van so ‘n droogte tyd is, moenie opgee nie. Hou aan soek na die Een wat jy liefhet deur Sy Woord en gebed. Jou soeke sal beloon word, en julle sal weer dieper tye saam geniet, wanneer jy weer  ‘n bewuste ervaring van Sy teenwoordigheid beleef. 

Vers 4” … ek het hom wat ek liefhet, gekry. Ek het hom vasgegryp, en hom nie laat los nie..”

Seëngroete van ROHSA