icon-newsletter

Ek kan eenvoudige nie meer nie

 

Jou vriendin sê vir jou: “Die tweeling het die laaste twee maande die een siekte na die ander gehad. Dit maak dat hulle die heeltyd huilerig en omgekrap is. Soos jy jou kan indink, slaap hulle dan nie, en ons ook nie. Ek hou aan om vir my man te sê: ‘Ek kan nie meer uithou nie, ek kan dit nie meer hanteer nie.” Wat antwoord jy haar dan?

Almal van ons het al seisoene beleef, wanneer dit voel asof ons net nie kan aangaan nie. Maar as ons dit doen waarvoor God ons geroep het, kry ons dit wel reg om aan te gaan. God sê dit in sy Woord: “My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring.” 2 Korintiërs 12:9

Jy het seker al daardie vers gehoor, maar wanneer dit by die moeilike omstandighede van die lewe kom, glo jy dit regtig? Sy genade is voldoende vir elke oomblik, elke omstandigheid, elke detail, elke behoefte en elke mislukking in jou lewe.

God se goddelike hulpbronne is beskikbaar om in elkeen van ons behoeftes te voorsien. Sy genade is werklik genoeg.

Seëngroete van ROHSA