icon-newsletter

Ek is jou skild

 

Op een of ander manier doen God ‘n beroep op elkeen van ons om ons planne aan Hom oor te gee.

‘n Vrou vertel dat haar man by ‘n kerk in die middestad werk, hy praat voorturend daarvan om na daardie buurt toe te trek. Dit is opwindend, maar ook baie vreesaanjaend.

Ons kan so baie by Abram van oorgawes leer. Hy het in ‘n heidense kultuur groot geword, maar hy was gehoorsaam wanneer God met hom gepraat het.

God het hom weggeroep van die bekende, veilige en gerieflike plek waar hy gewoon het. Hy het vir Abram gesê om alles agter te los vir ‘n nuwe land.

Dink net watter vrese Abram moes trotseer. Sou sy familie se behoeftes vervul word? Sou hulle gelukkig en veilig wees? Sou hy sy vriende en ander familielede ooit weer sien?

Ons moet daar die tipe vrae aan God toe vertrou. Soos jy in jou geloof groei en vooruit gaan, onthou God se belofte in Genesis 15: “Vrees nie, Abram, Ek is vir jou ‘n skild en jou loon is baie groot.”

Seëngroete van ROHSA