Op een of ander manier vra God van ons almal om ons planne onder Sy planne in te skuif.
Een van ons luisteraars skryf: “My man werk by ‘n kerk in die middestad, jy weet hoe dit deesdae daar gaan en hy praat daarvan om daarheen te trek! Dit klink dalk vir hom opwindend, maar vir my is dit absoluut angswekkend.”
Ons kan baie by Abram leer oor oorgawes. Hy het in ‘n heidense kultuur grootgeword, maar hy was gehoorsaam toe God met hom gepraat het. God het hom weggeroep van die veilige en gemaklike tuiste waaraan hy gewoond was. Hy het vir Abram gesê om alles agter te laat vir ‘n nuwe land.
Dink aan die vrese wat Abram in die gesig gestaar het. Sou daar in sy gesin se behoeftes voorsien word? Sou hulle gelukkig en veilig wees? Sou hy ooit weer sy vriende en familie sien?
Ons moet daardie soort vrae aan God toevertrou. Terwyl jy in geloof vorentoe beweeg, onthou altyd God se belofte in Genesis 15:1 “Moenie bang wees nie, Abram, want Ek sal jou beskerm en jou beloning sal groot wees.”
Seëngroete van ROHSA