icon-newsletter

Ek is behoeftig

 

Soms sien jy iemand wat selfvertroue en selfversekerdheid uitstraal, dis nogal merkwaardig nê? Maar iemand wat straal van ‘n diep gewortelde vertroue in God, het daarbenewens ‘n addionele sekerheid. Ware sekuriteit kom deur ons volle vertroue in God te plaas.

In die Woord lees ons van so ‘n held van ‘n man, sy naam was Dawid. Hy was ‘n ongelooflike vegter en soldaat, ‘n gedugte bevelvoerder; hy het ‘n leeu, ‘n beer en selfs ‘n reus doodgemaak. As iemand die reg gehad het om selfversekerd te wees, sou dit hy kon wees. Maar Dawid het geweet dat al sy sukses alleenlik te danke was aan God se inspraak in sy lewe. Kyk bietjie in Psalm 86 hoe swaar Dawid op God geleuen het: ”Luister tog na my, Here, verhoor my gebed, want ek is hulpeloos en arm. Beskerm my, want ek is u troue dienaar, red my, want U is my God, op U vertrou ek. Wees my genadig, Here, ek roep die hele dag deur na U. Maak my bly, Here, ek hunker na U.”

Net soos Dawid, het jy en ek God se genade nodig in ons lewens. Hunker jou hart na God, vertrou jy op God met jou hele menswees? Wanneer jy na God roep, hoor Hy jou en dan kan Hy jou seën met Sy genade!

Seëngroete van ROHSA