Wat is die dinge wat keer dat jy tyd kry om alleen met God te wees?
Ons het al ‘n vraelys uitgestuur om uit te vind wat die grootste hindernisse is vir persoonlike Bybelstudie en gebed.
Sal jy my glo, maar dit wat die meeste mense geantwoord het was: ”Ek kry eenvoudig nie die tyd nie.”
Wat is dan die oplossing? Kolossense 4:2 sê Bid gereeld en gedissiplineerd. Volhard in gebed. Wees waaksaam.” Jy sal dus intensioneel en self gedissiplineerd moet wees; en opofferings maak om jouself geheel en al toe te kan wy en oor te gee aan God se tyd. Net soos wat jy stiptelik is om afsprake te maak en na te kom, kan jy ook een met God maak om op Hom alleen te fokus.
Ek het agtergekom dat as ek nie ‘n doelbewuste poging aanwend om tyd opsy te sit om by die Here te wees nie, daar altyd ander dinge is wat my aandag verg. Hoekom kyk jy nie nou gou na môre se skedule en maak daar en dan ‘n afspraak met God nie?
Seëngroete van ROHSA