Ek word elke oggend wakker met die wete dat ek tyd in die Woord en in gebed moet spandeer. Maar dit is so maklik om met dag se take weg te spring sonder om eers vir God tyd te maak. Deesdae is ‘n groot uitdaging die foon wat op jou bedkassie lê, en jou soos ‘n magneet kan roep om eers ‘n horde boodskappe te lees.
Vir watter rede ookal – wanneer ek en jy die dag aanpak sonder om eers tyd met God te spandeer – sê ons eintlik dat ons dinge op ons kan hanteer – dat ons God nie nodig het nie.
Dit voel soms vir my of dan God vir my sê, “Jy wil hierdie dag op jou eie aanpak? Gaan voort en gaan groot!”. Op sy beste, is dit dan ‘n leë, vrugtelose dag wat ek vir myself geleef het. En op sy ergste, eindig die dag in ‘n groot gemors!
Ons het nodig om by koning Dawid te leer. Al was hy ‘n besige leier, het hy ‘n punt daarvan gemaak om sy eerste oomblikke saam met God te spandeer. In Psalm 5:4 sê hy : ”U luister na my stem in die more, Here, in die more terwyl ek voor U verskyn en op U wag.”
Wanneer ek die dag begin deur in nederigheid te erken dat ek dinge nie op my eie kan regkry nie, kan ek op God reken om my deur die dag te dra. Kan ek jou vra, het jy vanoggend eerste Sy stem gehoor?
Seëngroete van ROHSA