icon-newsletter

Eienskappe van ‘n Godvresende vrou 

 

Wat is van die eienskappe van ‘n Godvresende vrou? Die Bybel leer ons baie hieroor.

  • “Haar mond maak sy oop met wysheid, en liefdevolle onderrig is op haar tong.” (Spreuke 31:26)

Seën jy jou familie en vriende deur jou woorde te kies, woorde wat vriendelik en wys is? Is jy in staat om mense te verwys na spesifieke Skrifgedeeltes wat van toepassing is op hulle lewens situasies en behoeftes?

  • “Met geduld kan iemand in ‘n magsposisie tot ander insigte gebring word; met ‘n versigtige benadering word weerstand afgebreek.” (Spreuke 25:15)

Is jy bereid om stil te wag dat God die hart van iemand in gesag verander eerder as om te manipuleer, skimp of te neul? Beïnvloed jy ander met sagte woorde of probeer jy hulle met harde woorde beheer?

  • “Dit is beter om in die woestyn te woon as by ‘n twisgierige en woedende vrou.” (Spreuke 21:19)

Maak jy dit maklik vir mense om rondom jou te wees?

Kom ons bid “Here, ek bid dat U ons die soort wyse, genadige vroue sal maak wat U ons geskep het om te wees—vroue wat die skoonheid van Christus in elke opsig weerspieël. Amen.”

 

Seëngroete van ROHSA