icon-newsletter

Eerlik met ander

 

Om regtig eerlik teenoor iemand anders te wees is soms baie moeilik. Jy wil dalk eerlik met jou man wees sodat julle aan ‘n sterker verhouding kan bou, maar jy is bang dit gaan juis die teenoorgestelde reaksie hê… wat as hy dink jy is eintlik ‘n aaklige persoon?

Ons kan onsself ‘n paar vrae afvra om te bepaal of ons werklik eerlik is met ander mense:

  • Jok ek soms om ‘n beter indruk van myself te probeer gee?
  • Gee ek voor om meer geestelik te wees as wat ek werklik is?
  • Is ek besig om sonde uit my verlede toe te smeer eerder as om dit op ‘n Bybelse manier te hanteer?
  • Koester ek ‘n gevoelens van haat of bitterheid teenoor iemand terwyl ek met hulle praat asof alles reg is?

Indien jy op enige van die vrae met ‘n “ja” moes antwoord, is dit nodig om eerstens met God eerlik te wees en jou sonde te belei. Dan moet ons ook teenoor die ander persoon eerlik wees en om vergifnis vra.

Effesiërs 4:25 sê: “Daarom moet julle die leuen aflê en die waarheid teenoor mekaar praat. Ons is tog lede van dieselfde liggaam.”

Seëngroete van ROHSA