icon-newsletter

Droë tye

 

My vriendin het my raad kom vra, sy vertel my verleë “Ek het altyd die Bybel gelees en gebid, maar toe op ‘n stadium het dit nogal vervelig geraak. Ek wens ek weet hoekom dit gebeur het.”

Ons almal gaan deur droë tye in ons wandel met die Here. Daardie droogte kan dalk die gevolg wees van onbelyde sonde. Daarom moet ons voortdurend vir God vra of daar enige saak is wat ons ​​van Hom skei.

‘n Geestelike droogte kan ook God se manier wees om ons te wys wat in ons harte aangaan. Aanbid ons Hom as gevolg van die sensasie wat dit ons gee of net omdat Hy absoluut waardig is om aanbid te word?

Derdens, dink ek, laat God soms toe dat ons deur droë tye te gaan, sodat ons Hom eenvoudig in geloof kan lief hê en aanbid.

Job is vir ons ‘n voorbeeld hoe om in geloof te reageer, selfs wanneer mens so uitgedroog voel. Hy het gesê: “Ja, Hy ken die pad waarop ek gaan; as Hy my toets 

soos goud sal ek daar uitkom. In sy spoor het my voete gebly; by sy pad het ek gehou, en nie afgedraai nie.” (Job 23:10–12)

Seëngroete van ROHSA