icon-newsletter

Dra die gevolge

 

Het jy ook al ervaar dat jou gewete jou begin pla wanneer jy nader aan God beweeg? Om ‘n skoon gewete te hê is ‘n belangrike sleutel tot persoonlike herlewing.

‘n Gesonde verhouding met God sal ons verhoudings met die mense om ons ook beivloed. 

So vertel ‘n man dat hy gejok het oor die inligting wat hy vir sy sekuriteitsklaring gegee het. Jare later, nadat hy sy verhouding met God herstel het, het hy ‘n brief geskryf om te verduidelik dat hy sy lewe aan Christus oorgegee het, en erken dat hy in die verlede dwelms gebruik het. 

Om jou gewete skoon te maak kan een van die moeilikste goed wees om te doen, maar met elke tree en stap wat jy neem sal jy God se genade ervaar.

Hoewel hierdie man eers sy pos verloor het en uitgeskuif is, het hy later sy sekuriteitsklaring gekry en was hy daarna nooit spyt dat hy eerlik was oor sy verlede nie.

Die apostel Paulus sê in Handelinge 24:16 “Daarom doen ek ook my uiterste bes om altyd ‘n skoon gewete voor God en die mense te hê.” Is hierdie ‘n akkurate beskrywing van jou eie ingesteldheid?

Seëngroete van ROHSA