icon-newsletter

Dieselfde engele hulp 

 

Ons lees in die evangelie van Markus dat Jesus sy bediening begin het met 40 dae in die woestyn. Hy het in daardie tyd gevas maar het ook intense versoekings van satan beleef. Die engele het na Hom omgesien, hulle het hom bedien toe Hy fisies en emosioneel uitgeput was.

Hier is wonderlike belofte: Volgens Hebreërs 1:14, is daar engele wat ook gereed staan om ons te help, net soos hulle Jesus gehelp het. “Is hulle dan nie almal geeste in diens van God, wat Hy uitstuur om die te dien wat die saligheid gaan beërf nie?”

Die Griekse woord wat in daardie vers gebruik word vir die hulp wat engele ons gee, is dieselfde woord wat in Markus gebruik is, om te beskryf hoe hulle Jesus gehelp het.

 Jy staan dalk nou voor ‘n intense versoeking of dalk is jy in een of ander stryd gewikkel. God het onsienbare diensknegte beskikbaar om jou te versterk – net soos Hy Sy Seun gehelp het. Al wat jy moet doen is om Hom vir hulp te vra.

Seëngroete van ROHSA