icon-newsletter

Die wil van die Vader 

 

Die nood in die wêreld is oorweldigend, dis oral waar jy kyk. Ek, en ek is seker jy ook, wil regtig graag help. Daar is egter soveel pyn en hartseer, mens weet nie waar om te begin nie. Dit was ook so in Jesus se tyd, hoe kon Hy bepaal wat prioriteit is?

Ons kry ‘n idee deur die woorde van Markus 1:35 “Vroegoggend, toe dit nog stikdonker was, het Hy opgestaan, buiten toe gegaan en na ‘n verlate plek vertrek. Daar het Hy gebid.”

Toe die dissipels  Jesus uiteindelik opgespoor het, het hulle verwag dat Hy die groot skares in die dorp waar hulle was, sou bedien. Maar Jesus het gesê: “Ons gaan na die volgende dorp toe.” Hy het daardie oggend alleen stil geword om Sy Vader se prioriteite vir die dag te ontvang.

Dit is ook wat ek en jy moet doen gedurende die tyd wat ons in gebed en in die Woord van God spandeer. Wanneer jy voel jy weet nie wat God wil hê jy moet doen nie, is die oplossing dalk om lank genoeg stil te sit om Vader God se leiding te kan kry.

Seëngroete van ROHSA