icon-newsletter

Die wet van oestyd

 

Galasiërs 6:7-8 “Moenie ’n fout maak nie. God laat nie met Hom spot nie: Wat mense saai, sal hulle ook maai! Hulle wat op die land van hulle sondige geaardheid saai, sal op grond daarvan die dood oes, terwyl hulle wat op die land van die Gees saai, op grond daarvan die ewige lewe sal oes.”

Waar ek vandag staan, of dit nou goed of sleg is, is meestal die gevolg van keuses wat ek baie jare gelede al gemaak het. Die boeke wat ek gelees het, die mense saam met wie ek my tyd spandeer het, die wyse waarop ek gereageer het teenoor my seniors, wat ek met my vrye tyd gedoen het, my studie gewoontes… ja al daardie dinge het nou ‘n effek op my lewe.

Maar dis nie die einde nie, al die keuses wat ek nou maak gaan nog ‘n invloed hê op my toekoms. Elke sondige, selfsugtige en gulsige optrede is saad wat ek saai, wat weér ‘n groot oes gaan oplewer. Maar elke God’s gehoorsame besluit van my, is ook ‘n saadjie wat net seëninge vir my en vir die mense om my inhou.

Wees vandag versigtig oor die lewensaadjies wat jy saai.

Seëngroete van ROHSA