Baie mense weet van God. Maar om van God te weet is nie dieselfde as om God te ken nie. Psalm 103:7 “Hy het sy weë aan Moses openbaar, aan die Israeliete sy dade.”
Die Israeliete het die dade van God gesien; hulle het gesien hoe Hy die plae oor die Egiptenaars uitstuur; hulle het ook gesien hoe Hy die Rooi See skei, maar hulle het nie die weë m.a.w. keuses van God geken nie.
Aan die ander kant het Moses ‘n passie vir God gehad. Hy was bereid om tyd alleen met God deur te bring en vir God te wag om te praat. Moses het nie net God se dade geken nie; Moses het God en Sy keuses geken.
Ek en jy het reeds God se Woord, dis neergeskryf op die bladsye van die Bybel. Sy weë en keuses is ook vir ons beskikbaar. Maar soos Moses moet ons ‘n keuse maak om weg te kom, briek aan te draai, en Hom toe laat om vir ons Sy weë te wys.
Die volgende vers sê: “Barmhartig en genadig is die Here, geduldig en oorvloedig in troue liefde.” Vra God oor Sy weë, Hy wag nou vir jou.
Seëngroete van ROHSA