icon-newsletter

Die verhaal van die skoenmaker

 

Onthou jy nog wat die eerste boek was wat jy gelees het? Ek kan een van die eerste boeke wat ek gelees het onthou. Die boek se naam was “Die skoenmaker wat vir Indië die Bybel gegee het”. Dit was ‘n kinderboek weergawe van die lewe van William Carey, ‘n engelse skoenmaker wat gehelp het om die sending beweging te begin te midde van groot uitdagings. Hy het daarna self ‘n sendeling in Indië geword en was verantwoordelik om toesig te hou oor die vertaling van die Bybel in 40 tale.

Om as kind hierdie verhaal te lees het my ‘n passie gegee om die Here lief te hê met my hele hart. Dit was deur soortgelyke verhale dat ek – Nancy, die besluit geneem het om voltyds in diens van God te wees.

Spreuke 22:6 herinner ons “Wanneer jy vir ‘n jongmens leer hoe hy moet lewe, dan hou hy aan om so te lewe, ook wanneer hy oud geword het.”

Wanneer jy vir jou kinders boeke kies, het jy die geleentheid om vir hulle te wys wat dit beteken om God heelhartig te dien. Moenie vergeet om uit te kyk vir boeke oor sendelinge en ander mense wat geleef het om God te vereer nie. Dit mag dalk jou kinders se lewens vir ewig verander.

Seëngroete van ROHSA