icon-newsletter

Die Tronk van Verwagtinge

 

Ons verwagtinge van ander mense kan soos ‘n tronk wees. Vrouens het byvoorbeeld ‘n heel ander idee wat “romanties” beteken, as mans.

Mense sal nooit ons verwagtinge vervul nie. Dalk voel jy dat iemand jou konstant teleurstel. Dalk is dit tyd dat jy jou verwagtinge van hoe hulle teenoor jou moet optree laat vaar en eerder fokus op hoe jy hulle kan dien.

Nancy het so ‘n tyd beleef waar dit moeilik was om vir iemand in haar lewe lief te wees. Haar keerpunt het gekom toe sy besluit het om die persoon vry te maak van haar verwagting van hoe sy dink, sy lief gehê moet word. Die verhouding het begin genees toe sy haar liefdeloosheid belei het en toegelaat het dat God haar met Sy liefde vul. 

Is daar iemand wat opgesluit is in jou tronk van verwagtinge? Vra God om jou te help om daarop te fokus om aan hulle verwagtinge te voldoen, eerder as jou eie verwagtinge van hulle.

Effesiërs 3:20 “God is so magtig en sterk. Juis met daardie krag werk Hy ook in ons. Hy kan en het dinge vir ons gedoen waarvan ons nie eers kon droom nie.”

Seëngroete ROHSA