icon-newsletter

Die reg om kwaad te wees? 

 

Ons het al almal die verhaal van die profeet  Jona gehoor. Het hy gedink dat hy die reg het om die ongelowige mense van Nineve te haat? Ons lees dat Jona baie ontevrede en kwaad geword het toe God aan hulle genade bewys het, nadat hulle hul sonde belei het.

Wat was God se reaksie? In Jona 4:4 vra God vir Jona “Dink jy dit is reg om so kwaad te word?” Jona het gedink dat hy die reg gehad het om sy eie lewe en sy eie omgewing te beheer. 

Ongelukkig klink dit baie soos my eie storie. Ek betrap myself dikwels dat ek ontsteld raak wanneer dinge nie volgens my idees of wil verloop nie. Die gevolge van my onsteltenis is gewoonlik ‘n slegte bui, sommer net ‘n goor houding aan my kant teenoor alles en almal.

Dit is dan wat ek net soos Jona die vraag moet beantwoord: “Dink jy dit is reg om so kwaad te word?” Wanneer jy vandag frustrasies en irritasies beleef, onthou die enigste manier om weg te kom van ‘n emosionele wegholtrein, is om jou regte oor te gee aan God se plan en doel vir jou lewe.

Seëngroete van ROHSA