icon-newsletter

Die realm van die bonatuurlike

 

Ons spandeer soveel tyd en energie om die mense om ons te probeer verander. Hoeveel getroudes probeer nie hulle wederhelf verander nie.

Ek is oortuig daarvan as ons net ‘n fraksie van daardie tyd en energie in gebed sou spandeer, ons in alle waarskynlikheid baie beter resultate sou gehad het!

Baie van ons hanteer ons uitdagings in die realm van die natuurlike. Ons sien net wat ons natuurlike vermoë en inspanning kan doen, maar die realm van die bonatuurlike is baie belangriker. Daarom is gebed die doeltreffendste manier om ‘n probleem te benader. God se Gees kan dan direk tot ons gees spreek.

Galasiërs 5:24 “Almal wat aan Christus Jesus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeertes gekruisig. Aangesien ons deur die Gees leef, laat ons ook met die Gees in pas bly.”

Miskien het jy self al agtergekom dat jy jou kollega, jou man of jou kinders probeer verander na jou wil. Het dit gewerk? Kom ons laat dit eerder aan God oor om met hulle te werk? My en jou verantwoordelikheid is om liefde vir mekaar in te tree by God.

Seëngroete van ROHSA