icon-newsletter

Die propvol leêr 

 

Hoekom is dit vir ons so maklik om die glorie wat aan God behoort, te probeer steel?

Nancy het in 1995 met ‘n groep Christenleiers oor nederigheid gesels. God het deur Sy genade daardie boodskap op ‘n kragtige manier gebruik. Verskeie mense het na die funksie vir haar geskryf en hulle waardering vir die boodskap uitgespreek. Die boodskap was daarna herdruk en in verskeie vorme versprei. In die proses, het Nancy ‘n nuwe stryd met trots gehad oor haar einste boodskap oor nederigheid. 

Sy het baie van daardie briewe in lêers gebêre. God het haar egter oortuig dat daardie lêers besig was om ‘n trots in haar aan te vuur. Sy het uiteindelik die raad van ‘n wyse vriend gevolg en die ganse inhoud van daardie lêers verbrand. 

Deur daardie enkele aksie van gehoorsaamheid en nederigheid, het God ‘n wonderlike vryheid in haar hart bewerk. Het jy daardie vryheid? 

Spreuke 11:2 “As verwaandheid kom, kom skande, maar by beskeie mense is daar wysheid.”

Seëngroete van ROHSA