icon-newsletter

Die perd is ingebreek

 

Dis vir my altyd onsettend mooi om perde dop te hou. Veral een wat vinnig en kragtig beweeg, maar terselfdertyd ingestel is om sy meester se opdrag gehoorsaam uit te voer. Net die geringste bewing van die teuels of die ruiter se stem, laat die dier dadelik van rigting verander. Maar voordat ‘n perd afgerig kan word, moet hy eers ingebreek word. Nie letterlik sy bene breek nie, maar wel die perd se eie wil. So word die perd onderdanig aan sy ruiter.

Voordat ek en jy deur ons Meester gebruik kan word, moet ons ook ingebreek word. Gebrokenheid is die opgee van ons eie wil, sodat die Gees van die Here Jesus in en deur ons vrygestel kan word.

Psalm 51:19 Die offer wat U wil hê, o God, is ’n gebroke gees. ’n Gebroke en berouvolle hart sal U nie verwerp nie, o God.

Die keuse om gebroke voor God te wees, lê by jou. Al wat jy hoef te doen is om jouself onder die gesag van God te stel. Nie jou wil nie, maar God se wil geld dan.

Seëngroete van ROHSA