Ek het ’n vraag vir jou: daardie oomblik wat jy besef dat dit nou God self is wat met jou praat oor ‘n bepaalde sonde in jou lewe, hoe reageer jy?
- Dink jy, ek weet wat God van my verwag, maar ek gaan die kans vat en nog bietjie uitstel?
- Of dink jy, dis te swaar, ek sal dit nooit reg kry nie. God se standaarde is te hoog vir my?
- Of dink jy, ek beter my sokkies optrek en ‘n beter mens wees?
Identifiseer jy met enige van hierdie gedagtes? God besef dat ons sukkel, en dat ons nie uit ons eie heilig kan lewe nie. In Titus 2:11-13 lees ons van die oordadige bron wat God aan ons voorsien: “Want die verlossende genade van God het verskyn vir alle mense, en voed ons op, sodat ons in hierdie bedeling verstandig en regverdig en godvresend kan leef, deur goddeloosheid en wêreldse begeertes te verwerp, terwyl ons uitsien na die salige hoop en glansryke verskyning van ons groot God en Verlosser, Jesus Christus”
Hoe lewe ons dan hierdie godvresende lewe? In gehoorsaamheid en in God se genade!
Seëngroete van ROHSA