icon-newsletter

Die maan en die son

 

Die maan se lig verskil baie van die son se lig. Die maan weerkaats net lig, terwyl die son genoeg krag het om sy eie lig te skep. Ons mense, is geskape om soos die maan te wees. Ons het geen lig van ons eie nie; ons moet bloot God se heerlikheid weerspieël.

Wanneer ons probeer om die aandag op onsself te vestig, is ons soos Lucifer wat probeer het om eer van God te steel. Sy naam beteken “blink een” of “ligdraer”. Hy is geskape om God se lig te weerkaats, maar hy het dit eerder probeer steel. Toe satan by Eva in die tuin van Eden kom, het hy haar versoek om ongehoorsaam te wees en gesê: “ dan sal julle soos God wees deurdat julle alles kan ken.” 

Elkeen van ons kom voor presies daardie selfde versoeking te staan. Hoeveel keer probeer mens nie eer vir jouself te kry nie. Ongelukkig doen mens eintlik maar min dit waarvoor ons ontwerp is – om deurentyd die eer van God te weerspieël.

Wat is jou fokus vandag? Probeer jy die aandag op jouself vestig, of wys jy mense na die ware bron van Lig?

Seëngroete van ROHSA